05
May
11

As Dit Reën Sien Mens Die Trane Nie


 

 

AS DIT REËN SIEN MENS DIE TRANE NIE

 

OË BRAND SOOS KOLE

ASEM KOUD VERYS

JOU BLOMME LÊ VERLORE

OP DIE HOPIE LIEFDESGRUIS

KON JY MY SEER VOORSPEL ~

DIE UITEINDE VERTEL?

WAT MAAK JY DAN NOG HIER

OF IS DIT MAAR NET ‘N FANTASIE?

 ~♦~

ONS LIEFDESGRAF GEGRAWE

“EK MIS JOU” OP DIE STEEN

JOU LAASTE MINNEGAWE ~

IS DIT TRANE IS DIT REËN?

KON JY ONS LEED VOORSPEL ~

DIE UITEINDE VERTEL?

WAT MAAK JY DAN NOG HIER

OF IS DIT MAAR NET ’N FANTASIE?

 ~♦~

REFREIN:

EK WIL NOG VIR JOU FLUISTER DAT JY NA MY MOET LUISTER

‘K WIL JOU NIE VERLOOR ~ KAN JY MY OOIT NOG HOOR?

DIE DRUPPELS IN MY OË

WEERKAATS ‘N HART VERLORE

EN NOGTANS HET EK JOU SEER LIEF

MAAR AS DIT REËN SIEN MENS DIE TRANE NIE

~♦~

DAARBUITE HUIL DIE HEMEL

DIE SON VERBLEEK ONTUIS

VERDWALEND IN DIE NEWEL

VERGEEFS SY STRALE-REIS

KON JY DIE WEER VOORSPEL ~

DIE UITEINDE VERTEL?

WAT MAAK JY DAN NOG HIER

OF IS DIT MAAR NET ’N FANTASIE?

~♦~ 

REFREIN:

EK WIL NOG VIR JOU FLUISTER DAT JY NA MY MOET LUISTER

‘K WIL JOU NIE VERLOOR ~ KAN JY MY OOIT NOG HOOR?

DIE DRUPPELS IN MY OË

WEERKAATS ‘N HART VERLORE

EN NOGTANS HET EK JOU SÓ LIEF

MAAR AS DIT REËN SIEN MENS DIE TRANE NIE

© BB 2011

Opgedra aan jou…


10 Responses to “As Dit Reën Sien Mens Die Trane Nie”


  1. May 5, 2011 at 7:44 am

    Good Golly!! Dis hoendervleis materiaal hierdie!

  2. May 5, 2011 at 8:24 am

    Pragtig. Ek gaan dit weer en weer lees.

  3. May 5, 2011 at 9:30 am

    baie mooi.

  4. May 5, 2011 at 12:34 pm

    vrek dis sad…
    maar baie mooi gestel –

  5. 5 ELF
    May 5, 2011 at 4:42 pm

    Want ‘As Dit Reën Sien Mens Die Trane Nie’ ..

    BB mag ek n stywe drukkie los vir jou asseblief, een wat vir nou namens my kan praat?

    xx

  6. 6 Krista
    May 6, 2011 at 3:07 pm

    Moet ek worry?😯

    • 7 BB
      May 9, 2011 at 7:03 am

      Nee Vriendingetjie, man! Oits!🙄 sal ek jou dan nie bel nog vóór die pôpô my fên klap nie, hm? Maar dankie dat jy wel worry. x

      • May 9, 2011 at 7:57 am

        ek het ook so saggies gewonder of ons moet worry. Maar bly dat dit nie nodig is nie!!😀

  7. 9 Son
    May 6, 2011 at 3:28 pm

    Ongelooflik mooi🙂

  8. May 10, 2011 at 9:18 am

    Eish, pasop dat die mense nie die song STEEL nie. Jy weet.

    Is mos mooi. Kan ‘n hit is.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


May 2011
M T W T F S S
« Apr   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Archives

Blog Stats

  • 153,361 hits

%d bloggers like this: