25
May
11

SH…kree…


My ouma het altyd gesê: don’t ever let your tongue outrace your brain… nevermind your body!

 

Ek het niks teen opinie nie. Niks teen mense wat ‘n standpunt inneem nie. Ek het self ‘n paar (klein horde) opinies. Maar DOEN tog iets met daai standpunt anders bly dit ook maar net (leë) woorde.

Kyk, niemand sê jy moet stilbly oor onregverdigheid nie. Maar terwyl jy so tekere gaan vra jouself dié een vraag: Wat doen EK – of issit nou wat DOEN ek – enigsins midde-in al die onreg?

En nee, dan praat ek nie van nog ‘n Facebook-group ‘join’ of ‘like’ nie. Dis netso min doen as om vir my virtuele sjokolade te stuur.🙄

Ek was op SHOUT se website :  http://www.shoutsa.com/

Ja… ek weet nog steeds nie regtig WAT hulle doen nie. Hulle laaste “PRESS” update was in Junie… lees gerus die laaste nuusbrief gedateer: 2 Junie 2010😯 Jip, jip JA!!!!! 2 Junie!!!! 2010!!!

Vir ENIGE ‘aksie’ of beweging om suksesvol te wees moet jy bietjie meer DOEN as PRAAT, reken ek… nevermind SKREE😕

Ek haal aan:

“According to the Chairman of the SHOUT Foundation, Yusuf Abramjee, SHOUT is ready to make the first donations: “Since launching the campaign and receiving revenue from the SMS campaign and SHOUT song downloads, there is a 60-day period before money donated through the SMS download mechanism filters through to SHOUT.  In addition to this, important auditing processes need to be completed and all donations need to be reconciled before they can be allocated in June,” he says.”

“All the processes described above are being put in place to ensure the best interests of the Foundation are protected, which is critical to the future long-term success of this initiative.  “SHOUT is not just a six-week marketing campaign, but is rather a culture with a legacy, which will become a safer way of life for all South Africans,” says Abramjee.” 🙄

Ek weet nie hoe ‘besig’ SHOUT op FB is nie – hoe ingelig hulle ‘members’ is nie, hoe gereeld hulle status opgedateer word en in hoe ‘n mate hulle nou al die donasies aangewend het nie – maar dis hartseer dat so ‘n moerawiese positiewe en ‘legacy’ inisiatief nie in 365 dae (ok, dis darem nog 8 dae voor ‘n hele jaar om is) na die uitreiking van ‘n vorige nuusbrief ENIGIETS nuuts en positief het om uit te basuin nie? Of vra ek as wetsgehoorsame SA staatsburger alweer te veel – naamlik: waarvoor hét julle my R40 nou al aangewend?

Skuus dat ek hier so relaas… maar ‘n paar jaar terug het ‘n paar kunstenaars die “Stop die Moorde” veldtog met ‘n groot hoo-haa afgeskop. Solidariteit het tot ‘n ‘van’ gesponsor vir die hoofkunstenaar Adam Tas. Ek het twee shows bygewoon. By nie een van die twee is die moeite gedoen om te adverteer nie. By die een in Brits was daar meer kunstenaars as mense in die gehoor… Die hele aksie het in die hek geduik. Dalk moontlik is ledegeld ook nog daarvoor ingespan… Wie vra? Niemand nie! Hoekom nie? Want jou kans om ‘n straight-forward eerlike antwoord te kry is uiters uiters skraal.

Hoe sê die gesegde so mooi: twee monoloë maak nie ‘n dialoog nie…

maar ja, ek is goed g@tvol vir mense wat baie praat – en nee ek praat nie nou van Steve Hofmeyr nie – of jy nou daarvan hou of saamstem of nie – hy dóén darem wragtig nog iets en lewer baie gereelde bydrae met inisiatiewe – maar weet jy wat is opvallend? Die “Ditsem” kommentaar – die “you go Steve!” – die “Vertel hulle ou maat!!” – die bl!kemmers wat ja-en-amen, maar nog nooit self soveel as een bydrae kon lewer met ‘n pva (plan van aksie) of at least ‘n nuttige FB group wat meer om die lyf het as ‘n LIKE knoppie!

Wat is dit wat ons almal so stomslaan? Nee, dis ook nie waar nie. Wat is dit wat ons almal so reg en rede gee om ons standpunte en opinies uit te basuin en ons energie dan in so ‘n mate op die redekawel en geskree te verbruik dat dit ons letterlik en figuurlik lam lê?

Van die os op die esel… ek kyk Sondag American Idols – en ek wil kits daarvan – wat is dit wat 100 000’e+ (dorps)mense in die VSA laat opruk na die “Welcome-Home” party van ‘n Idols finalis en in Suid-Afrika kry jy nie 100 mense bymekaar vir ‘n ondersteunings/belangegroep by ‘n hofsaak vir brutale redelose (volksmoord) slagoffers nie?

 

Mexico City, 1968 Summer Olympics

Out of the cold darkness he came. John Stephen Akhwari of Tanzania entered at the far end of the stadium, pain hobbling his every step, his leg bloody and bandaged. During the race he had fallen, badly cutting his knee and dislocating the joint. Rather than quitting, he got up from the fall, bandaged his leg and continued to run. The winner of the marathon had been declared over an hour earlier. Only a few spectators remained. But the lone runner pressed on.

As he crossed the finish line, the small crowd roared out its appreciation. Afterward, a reporter asked the runner why he had not retired from the race. He seemed confused by the question. Finally, he answered:
“My country did not send me to Mexico City to start the race. They sent me to finish.”

 

SHOUT – ek verwag nie dat julle ‘n misdaad moet oplos nie, maar julle het ‘n reënboog-groep mense in julle midde wat tog sekerlik met elke bevolkingsgroep van hierdie land kan identifiseer en kommunikeer? Is dit te veel gevra om meer as EEN KEER PER JAAR julle stem dik te maak oor misdaad? Veral moord, strafbare manslag en verkragting. ELKE KEER. Maak nie saak wat die kleur van die slagoffer is nie.

Gaan skree (SHOUT) by elke hofverrigting. Skree ten hemele daaroor. Nooi al wat leef en beef uit daarheen. Adverteer elke veldtog (daar behoort omtrent 5 per week te wees – en dis ‘n konserwatiewe skatting) – met die teenwoordigheid van ten minste EEN van die kunstenaars wat op die video sy stem laat hoor – en gee die volk so geleentheid om hulle misnoeë met die situasie luidkeels uit te druk. As julle volhard, behoort die volk deeglik bewus te raak van julle erns en self betrokke te raak.
Een of ander tyd sal die regering, die howe en die res van die nasie begin besef, dat ons wel kan saamstaan – maar met ‘n groep soos julle vooraan is ek bevrees is ons maar steeds net ‘n klomp skape ter slagting.

 SHOUT – Julle het die resies begin hardloop. Julle het etlike derduisende mense se finansiële ondersteuning gekry deur die verkope van ‘n CD ‘single’. Voltooi nou die resies, toe?

Of: Hou op skree – want die kranse gee lankal nie meer antwoord nie… (alhoewel iemand tog sekerlik steeds royalties/tantieme verdien op die video/liedjie wat steeds uitgesaai word🙄

In die Nuusbrief van 2 Junie 2010 onder andere:

Over 110,000 fans have pledged their support for SHOUT on Facebook, with SA fans signing on at an average rate of 1,500 new fans per day during the first month. This is one of the fastest growing Facebook groups in South Africa. – Has there EVER been an initiative of ANY kind whatsoever in the past year on the SHOUT FB page, that calls on ‘fans’ to have their voices heard at ANY event against crime? Or ANY notice that indicates their involvement, yet states their ‘fans’ poor response?

The huge demand for SHOUT branded merchandise such as T-shirts, wrist bands and bumper stickers will be met over the next few weeks.  Members of the public are encouraged to keep visiting the SHOUT website – http://www.shoutsa.com – to find out when and where these will be available. – I have checked in a few times in the past year…🙄 Nada merchandise😦

SHOUT, the civil society anti-crime movement led by prominent South African musicians, artists and celebrities will make its first cheque handover at the end of June. “SHOUT’s message has hit all the right notes with South Africans and their unprecedented response is beginning to bear fruit. We are hoping to make the first presentation, to assist in the fight against crime, shortly,” the SHOUT Foundation said in a statement. – Has it? Really? Which organization was the first lucky recipient of the cheque to assist in the fight against crime?


19 Responses to “SH…kree…”


  1. 1 turksvy
    May 25, 2011 at 10:57 am

    Dankie, Beebs, dis iets wat my lankal nukkerig maak. Facebook het ons almal lui gemaak. Dis maklik om agter ‘n rekenaar te sit en “like”, maar doen…?? 🙄

    SHOUT is myns insiens sommer bog. In elk geval, soos dit op die oomblik gaan. Wat weet ek van hulle behalwe die song wat af en toe op tv gespeel word en iemand op FB wat hulle ook “Like”? Niks!

    En toe klein Wilmientjie vermoor is, het SHOUT niks gese of gedoen nie. Toe kom Steve en skryf daai ding oor hoe…wel, pateties swartmense is. En daar trek die geloofwaardigheid van SHOUT ook by die venster uit. Daai video van wit en swart wat saamstaan en saamsing…dit bestaan net in video’s. Nie dat ek Steve wil goedpraat nie, maar ek glo as SHOUT – AL hul kunstenaars – saam geskree het daaroor, dit nie vir hom nodig sou wees om sover te gaan nie.

    En ja, dis waar ek die ANC Vroueliga ‘n pluimpie wil gee. Hulle was by die hofverrigtinge in Lindley. En ook in Welkom toe daardie jongman so grusaam vermoor is. Swart vrouens wat opstaan teen geweld teen vroue en kinders, maak nie saak of hulle swart, wit of groen is nie. Hulle het niks gedoen behalwe om DAAR te wees nie. Ek het dit raakgesien, en ek wonder wie nog?

    • 2 BB
      May 25, 2011 at 11:01 am

      Jip! Ek het daai beslis ook raakgesien! VIVA vir ons swart susters daar!! Kyk, as hulle opruk, ruk hulle op in hulle hordes! Ons kan beslis iets daar gaan leer!!

      • 3 Son
        May 25, 2011 at 12:59 pm

        Dis mos niks nuuts nie – as jy iets gedoen wil hê VRA ‘N VROU. En ek is glad nie feministies nie👿

  2. 4 PlaasJuppie
    May 25, 2011 at 11:55 am

    Shout (en menige soortgelyke pogings) het nie gewerk nie want ek wil net my 40 randjies betaal en dan wil ek verder niks daarmee uit te waai hê nie.

    Dit het nie gewerk nie omdat ek eers gevra het “what’s in it for me?” lank voor ek gevra het “what can I do for you?”

    Dit het nie gewerk nie omdat ek vir die kunstenaars en die besigheidsmense staan en wag het om dit te maak werk instede daarvan om my hande uit my moue te steek.

    Dit is eintlik maar die long en short of it. It failed because I as citizen of the country did not make it work. Eenvoudig soos dit.

    • 5 BB
      May 25, 2011 at 12:11 pm

      Str*nt😳 Bog Narcie! Ekskuus! Maar wragtig??
      Dit het nie gewerk omdat hulle my onder die (wan)indruk gebring het dat hulle iets gaan bereik wat buite my (die publiek) beheer is. Die stem van prominente mense/celebs ens.
      Ek het my hand uit my mou gesteek. Ek het my R40 betaal. Hoekom dink jy gaan ek gereeld terug na die site toe? Om uit te vind wat hulle beplan/reël en hoe hulle voorstel ek dan ook betrokke kan raak!
      Ek het eers die “what can I do for you?” gedoen. Dis my finansiële bydrae. Ek begin nou vra “what’s in it for me?” En nie in die lig van “for ME, MYSELF & I” nie, maar vir my as Jan Publiek en elke ander stom (soms dooie) stem wat nie gehoor word, as iemand nie die inisiatief neem nie.
      Ek sal so waar as wragtig NIE die blame dra vir SHOUT se teleurstellende wanfunksie nie.

      Lees weer hierbo: SHOUT is not just a six-week marketing campaign, but is rather a culture with a legacy, which will become a safer way of life for all South Africans”.
      Dit was hulle belofte. Die video word steeds uitgesaai. Daar word steeds geld ge-in vir die ‘campaign’ daardeur.

      Ek is lid van Solidariteit en Afriforum kry ook bydraes van my af. Maar ten minste DOEN hulle iets. Nee, nog nie vir my persoonlik nie (dankie tog nog nie nodig gehad nie). Maar hulle doen iets met die bietjie wat ek ook daarvoor gee.

      • 6 PlaasJuppie
        May 25, 2011 at 1:08 pm

        Sure BB. Maar ‘n skema soos daardie maak staat op “critical mass”. En daar is eenvoudig nie genoeg mense nie.

        Did you honestly, really believe this one will be any different from all the others?

        • 7 BB
          May 25, 2011 at 3:07 pm

          Jip! I did! Just like with the “Stop die Moorde” inisiatief. But you want to know what? Daai was ook gedoem om te faal. Hoekom? Omdat dit vir die kunstenaars steeds uiteindelik NET gegaan het oor eiegewin, aansien en publisiteit. Daar was wel hier en daar die een of ander betrokke wat dit uitsluitlik wou doen vir die saak. Maar dié vir wie dit oor geld en ‘fame’ gegaan het, het agtergekom dat hulle sou moes werk daarvoor – dat dié toe nie ‘n ‘quick buck’ was of na ‘stardom’ te skiet nie, dat hulle die spreekwoord “put your money where your mouth is” letterlik sou moes toepas en dat hulle, unlike iemand soos Steve, nie gratis (verhoog)tyd sou kon afstaan vir ‘n ‘kwessie’ nie omdat hulle fêns beslis nog nie noemenswaardige getalle beslaan het, wat sulke ‘opofferings’ sou kon regverdig nie.
          Crash-boom-bang… SAD!

          Selfde met ‘ten bate van’ aande – daar is ‘n sad-sad storie oor die Esterhuizen’s van Randfontein (aan wie ek die song “Ek wens ek kon” opgedra het) – die een of ander ‘celeb’ het gesig gewys by die hofsaak… en sou ‘n ‘ten bate van’ funksie gereël het vir ‘n trust wat hulle in hulle vermoorde dogtertjie Danielle se naam gestig het vir ander misdaadslagoffer-gesinne. Toe dit blyk dat die ‘celeb’ sou moes gratis optree, sodat die kaartjies se wins actually in die fonds gestort kan word, én dat die kaartjies skaars dié celeb se fooi sou dek – toe’s die hele ‘ten bate van’ gestaak, die Esterhuizens se oproepe en navrae vir die reëlings geïgnoreer en die hele ding het ‘n stille dood gesterf.

          MOENIE die publiek daarvan beskuldig dat hierdie tipe inisiatiewe nie werk nie. Die publiek het BAIE DIEP sakke en is BAIE gretig om te gee. Dis nie die publiek wat vra “what’s in it for me” nie…

          Ek weet celebs moet ook eet. Ook huur betaal. Ook petrol en kinders en watnogals. Maar DINK dan at least voordat jy op die bandwagon spring en dan uiteindelik jou skuldig maak aan misbruik van die publiek se goedhartigheid deur hulle geld te vat (soos my bydrae vir SHOUT) en dan in EEN hele jaar se tyd nie kan terugrapporteer oor selfs een enkele noemenswaardige bydrae tot jou aandeel in misdaadbekamping nie.

          • 8 PlaasJuppie
            May 25, 2011 at 4:20 pm

            Ek verstaan jou argument en die frustrasie daaragter. Ek het ook ‘n teorie oor waarom dit nie gewerk het nie (wat jy reeds as bollie afgemaak het).

            Blaam is ‘n useless oefening, ek praat van verantwoordelikheid. Wat was my verantwoordelikheid in hierdie oefening? Wat was die celeb se verantwoordelikheid? En as jy daarna kyk het genoeg van die betokke partye hulle verantwoordelikheid gedodge om die skema te laat faal.

            Respect for trying though. Nog 50 000 BB’s en dit mag dalk net gewerk het.

  3. May 25, 2011 at 2:27 pm

    Enige mens moet die Vroue Liga respekteer. Hulle is orals waar daar ‘n verskriklike misdaad gepleeg het.

    Ek stem saam met jou, plaas van net kerm, moet ‘n mens kyk waar jy iets kan doen.

  4. May 26, 2011 at 5:06 am

    Dit laat my dink aan die whisky advertensie van lankal terug: you get the talkers and the dewers…

  5. May 26, 2011 at 5:18 am

    Ek sien die ding so – Een mens kan nie regtig ‘n huge verskil maak nie, in groepe met mekaar se ondersteuning kan mens berge versit en dit is hoekom SHOUT ‘n goeie idee is(was?). En ek stem saam met jou – ek het gekies om hulle te ondersteun, juis vanweë die feit dat dit gelyk het of hulle dalk iets kan doen. Toe nou nie – en ek dink dit is die groot rede hoekom baie mense lou raak – dit is omdat mens bloutjies loop. Ek wonder wat het van daardie geld geword? Laat my dink aan die Eskom ondersoeke na korrupsie wat Maart begin het – blykbaar moet mens nie nou al vra vir resultate nie, dis meer van ‘n 3 jaar plan. 3 JAAR? Goeie Moses!

  6. May 26, 2011 at 9:11 pm

    Waar ek vandaan kom, is dit wragtig “Talk is cheap. (Your) money buys the whiskey.” Almal doen die praat ding, die uwe doen die luister ding. Wanneer dit by doen kom, dan daag die uwe alleen op. Dapper muis. Die res het mos klaar gepraat.

  7. May 27, 2011 at 6:14 am

    Ek was Woensdag al hier gewees, ek dink nog aan ‘n goeie antwoord. Demoerin het my nou net daaraan herinner dat ek ‘n roofleser is.

    Ek is verwaand genoeg om aan myself as ‘n aktivis te dink. Iemand wat dus die geluide maak, maar niks kan wys van wat ek gedoen het nie. Ek sien myself nie by die hof betoog nie, maar ek sal dit oorweeg om op ‘n Saterdag aan ‘n optog deel te neem.

    Ek mag dus seker nie kla nie?

    Wat jy hier noem is iets waarmee ek myself dikwels konfronteer. Dit is maklik om aanklagte te maak en vingers te wys. Maar stel ek ‘n voorbeeld van wat ek van ander verwag? Seker nie.

  8. May 27, 2011 at 6:16 am

    :bloos: Ek het toe wel Woensdag gecomment, maar ek dink nog steeds dit is ‘n puik skrywe.

  9. 15 Madele
    June 6, 2011 at 6:41 am

    Ja, dit is ‘n puik skrywe. Ek dink die mes sny na weerskante toe. Eerstens het baie van ons, ‘n “ek wil entertain word”-menatliteit. Ek betaal, ander perform. Maar ‘n jaar of meer gelede was daar iewers geadverteer van ‘n organisasie wat hul doel gaan maak om kinders die positiewe dinge van die lewe te leer. Onmiddellik was ek opgewonde. Ja! Ek wil deel hiervan wees en op my eenvoudige manier ook my ding doen. Toe ek hulle webblad besoek en op die knoppie kliek – hoe kan ek betrokke raak, vra hulle net GELD!! Ek het ‘n epos gestuur en gevra wat kan ek DOEN!! tot vandag toe GEEN reaksie, het hulle selfs gebel, en ‘n boodskap op die antwoordmasjien gelos.
    So…. ek het nie ‘n antwoord nie.
    (sorry, ek is ook dalk ‘n roofleser, maar op die oomblik kom ek nie by blogskryf uit nie, sal weer begin as ‘n sekere klompie dinge in plek is!!)

    • 16 Madele
      June 6, 2011 at 6:52 am

      ‘n Groot deel in alles begin by die MYSELF! Ek moet eerste bereid wees om JAMMER te sê, om ‘n hand van hulp uit te steek, om ‘n glimlag te gee… om…om…om…

  10. June 18, 2011 at 9:05 am

    ! ! !

  11. July 19, 2011 at 11:34 am

    Die een wat vir my ‘n virtuele tjoklit stuur, se hele militere moer!!!

  12. February 29, 2012 at 1:42 pm

    Wil myself net kom voorstel. Ek het op aanbeveling en hulp van ‘n vriendin besluit om ons webwerf voortaan self te bestuur. Wat die bloggedeelte betref: Ek is nie ‘n skrywer van format, maar ek wil graag my ondervindinge van die wildplaas met almal deel. Dit is ‘n nuwe uitdaging vir my. Help gerus as jy sien ek trap klei. Ek sal soos die tyd dit toelaat by almal probeer uitkom.


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


May 2011
M T W T F S S
« Apr   Jul »
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Archives

Blog Stats

  • 153,255 hits

%d bloggers like this: