14
Feb
17

My Valentyn


Ek’t rondgesoek en oraloor

Gespook, gekrap… dit half verloor

Ek’t her en derwaarts, heen en weer

Gewonder wat ek moet begeer

Ek’t oor en oor getob, gevra:

Wat wil jy hê?  ’n Nuwe (bloedrooi) bra?

Sjokolade in ’n pienk kardoes?

Of dalk ’n speelding van www . xxxwoes ?

’n Hartjieraam vir daai nuwe portret

Waarop jy jouself ge-photoshop het?

’n Regte egte blinkleer paar stewels?

Of dalk ’n stelletjie cubic knewels?

Ek weet, ek weet, dis nié hoe dit werk…

Maar Valentyn maak my gewoonlik ’n effe beserk

Net oor ‘hy’ glo dat ek al die dae in die jaar

Tog reeds bewys van sy (ewige) liefde ervaar

En my altyd bederf, sonder dag of okkasie

(Kersfees is hy “Santa” – en Paasfees my hasie 😀 )

Hy nou gladnie verstaan dat ek kan verwag

dat hy my kaalg@t by die huis moet inwag

Met ’n pyl en boog en ’n bossie rooi rose

Want hy reken mans is seker die grootste klomp eeeehhhhmmm d….

Om te dink dat 2 dosyn blomme en ’n boks sjokolade

’n Man sal red uit sy Manwees bravade…

Dus sal veertien Februarie steeds kom en gaan

En die helde sal sneuwel – nie één sal bly staan

En ek’t nie verniet gewik en geweeg

Hoe om Valentyns met SY kredietkaart te pleeg.

bemine

Advertisements

5 Responses to “My Valentyn”


  1. February 14, 2017 at 5:06 am

    Baie oulik! Geniet darie tjekboek!

  2. 2 Son
    February 14, 2017 at 7:51 am

    Ek love dit! xx

  3. February 14, 2017 at 8:16 am

    Skitterend! Ek is mal daaroor! Net dalk verras hy jou tog by die huis?? Die hoop beskaam mos nooit.☺

    • 4 BB
      February 14, 2017 at 8:25 am

      EK hou styf duimvas 😀

  4. February 25, 2017 at 8:02 am

    Lekker glimlag ek nou, hulle is almal in dieselfde vorm gegiet!!!


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s


February 2017
M T W T F S S
« Feb   Mar »
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728  

Archives

Blog Stats

  • 163,158 hits

%d bloggers like this: