Ag Here, hieronder gaan dit nie so goed
al was ek waaragtig nog heeltyd net soet
al loop ek (en die H3) die (amper) reguit pad
piepie iets (of iemand) alewig my bêtt’rie nat.
“It never rains”, sê die wysneus wat van beter weet –
“It pours” – (ek wil só graag die stupid gesegde vergeet!!)
Nou weet ek mos U hou ons almal styf in U hand
al sit jy ook op jou stoepie in Pretoria gestrand.
Gepraat van strand – ek mis die see seer
maar eintlik kan ek skaars vra vir meer.
Ek wonder of die swart wolk hier bo-oor my
wel ‘n bietjie sonskyn van agteraf kry?
Ek weet mos goed van die silwer rand…
maar ek kyk dié wolk seker van die verkeerde kant?
Gepraat van wolk – ek wonder nou Heer,
as U die sluise daarbo kan beheer
sal U in U Genade só groot
ook vir simpel ou ekke kom help in haar nood?
Ek weet U dink dis gladnie so erg
maar ‘n reus vir die een, is vir die ander ‘n dwerg.
Gepraat van dwerg – ek voel so klein
oor ek sukkel om soms my emosies te train
Ek vergeet ook om by U aan te klop
en my bêtt’rie gereeld vir krag in te prop.
Gepraat van bêtt’rie – myne is vandag behoorlik nat
Ek sal hom vir ‘n Hemelse diens móét vat.
~☼~
Ai BB, hierdie stuk van jou vat aan my hart. En dan kan ek dink dat dit Sy Vaderhart ook sal aanraak. Uit ondervinding weet ek, Hy ‘hoor’ kliphard as ons so op ñ sagste fluister. In ons nood.
Oee BB dis mooi. Xx