Na aanleiding van gisteraand se aardskudding (
http://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/aardbewing-in-botswana-skud-sa/ ) ‘reblog’ ek graag hierdie.
Die Aarde sê: “Jul pyn my só
Beseer my en gebruik my op
En buit my uit – ek voel bedroë
Ek wens soms ek kan jul afskop!
~
Van ewig af het ek gegee
Als wat jul nodig het vir leef
En wat het jul aan my bestee
Terwyl jul deur die heelal sweef?
~
Ek gee jul voeding, water, lig
Ek hou getrou jul ewewig
Vir eeue al berei ek voor
Om jul met skoonheid te bekoor…
~
Maar in die laaste honderd jaar
Het Satan in jul ingevaar
Wat diep in my soos goud bewaar
Word nou misbruik en uitbaljaar.
~
Jul grawe tonnels in my lyf
Besmet riviere, mere, see
Jul mag- en geldsug-tydverdryf
Ken net van vát en nie van géé.
~
Verklaar ‘n oorlog, gooi ‘n bom
En skiet ‘n stompie deur die ruit
Wie huil oor dier, of boom, of blom
Word as ‘n swak’ling uitgekryt;
~
Dus sal ek nou die tekens wys
Terwyl jul kamstig veilig tuis
Onder jul dakke van selfsug skuil
Sal ek die wind daarom laat huil.
~
Ek sal myself duid’lik laat hoor
En snags jul slaap en rus verstoor!
Sal skud tót elke wond genees
Gesny deur hebsug in my vlees!
~
In rook en as – met vuur en vlam
Doodsgolwe uit die oseaan
Met storms lê ek julle lam
Met weerlig sal ek julle slaan!
~
“Geduld!”, vereis jul in jul gier en sug
‘wyl jul steeds saamry op my rug.
Weet jul dan nie jul bestaan is oorbodig?
Ek het julle nié, maar julle’t mý nodig!!”
~
Vertaling: BB
~Die Erde spricht – Hilde Philippi ~
BB, hierdie is groot en hard. Maar nodig om te hoor, so nodig.
Sjoe,dis harde waar woorde!