05
Aug
18

Die Juffrou sê “JA”!


20180714_143547-1

25 Augustus is om die draai…

My EMM (My Enigste Mooiste Meisiekind) se troudag!

Ek weet dit gaan een van dié mooiste dae in my lewe wees (nevermind die bruid s’n).

Hoe hou ‘n ma se hart dit?

Wel, as jy hierdie ma is, skryf jy… jy skryf lawwe en ernstige liedjies, terwyl jy op dié manier jou gedagtes probeer orden. Jy stel ‘n Feeskoerant saam en jy ontwerp ‘n blokkiesraaisel daarvoor.

KoerantjieCrossword MO & S - Final

Jy skryf op die wysie van Byeboerwa:

DIE JUFFROU SÊ JA!

 

NEENTIEN VYF EN TAGTIG – CARLETONVILLE
EN WILNA GLIMLAG AL TE BREED
OP SEWE EN TWINTIG MAART BEGIN PAJAMADRIL
EN NA DERTIG JAAR WIL ALMAL WEET
HOE LANK MOET HUL WAG
HOE LANK GAAN STEPHANUS NOG VAT
HOE VÊR IS DIE GROOT GROOT DAG
WANNEER KRY HY NOU EENDAG SY SKAT
NEENTIEN SES EN TAGTIG – PRETORIA
EN BB VIER HAAR GROOT GELUK
DIE DERTIENDE MAART VAN ELKE JAAR
BEGIN HAAR HARTKLOP WILD TE TIK
SY RAAK BENOUD
GAAN MONIQUE DAN VIR EWIG MOET WAG
NETNOU WORD SY NOG STOKHORING OUD
HOE VÊR IS DIE GROOT GROOT DAG?
REFREIN:
DIE OUTJIE DIE OUTJIE DIE OUTJIE’T GEVRA
JARE SE WAG EN NA MAANDE SE SPAAR
DIE JUFFROU DIE JUFFROU DIE JUFFROU SÊ JA
UITEIND’LIK SKREE DIE HELE FAMILIE : HURRA
DIE JUFFROU DIE JUFFROU DIE JUFFROU SÊ JA!!

Intussen laat jy toe dat die bruid vir jou ‘n Navy Blou tabberd uitsoek (omdat jy jare gelede al belowe het dat dit die één dag is wat jy nié swart sal dra nie). Is jy seker dis Navy, my liefkind? Kon jy nie maar Royal Blou gekies het nie? Navy klink so… plein 🙄

Jy mag darem jou eie skoene gaan koop :

skoene

…en jy gaan ruil hulle vreeslik vinnig om, omdat die bruid amper ‘n beroerte kry.

“Rooi skoene, Mamma? Rêrig Mamma?” o_O

 Jy belowe jy sal die hele Saterdagoggend opsysit om vir haar haarkapper span (jip, span!!) kans te gee om jou biker-wilde-woeste-bedhead-mopkop uitgeblaas in ‘n “op-styl” te omskep. Jy sal ook vir die grimeerkunstenaar (I kid you not) toelaat om jou na ‘n ander mens se mooier ma te laat lyk, wie niemand ooit sal herken as hulle daai foto gesien het en jou nog nooit in lewende lywe raakgeloop het nie. Blykbaar hou die grimering heelwat langer as die tuisgemaakte doodnormale ‘ek’ en met dié dat my hart altyd so maklik oorloop is dit dalk tog ‘n goeie plan.

Jy belowe ook jy sal nié in die Sjampagne invaar vóór die seremonie nie (nee, ek is nie ‘n suiplap nie 😉 en jy belowe om nie kliphard uit jou maag uit te lag, tot ná die Hoofgereg nie. (Teen daardie tyd behoort die swaar-sluk aan trots en bittersoet darem al oor te wees – met die hulp van einste glinstersap.)

Jy skryf vir jou seun en sy niggie ‘n dialoog in rymformaat vir die heildronk op Ouma en (stief) Oupa (al kan jy vir Oupa nie verdra nie)… maar die kinders love hom en jy weet hoe om diplomaties te wees en boonop het jou ma jou maniere geleer en hy hét darem mildelik bygedra tot jou dogter (sy oogappel) se troue.

Jy koop 50 potlode en sny hulle in derdes en maak hulle skerp vir die sticky notes wat jy by die Familie Bybel gaan plaas, waarop elkeen sy eie persoonlike gunsteling Bybelvers kan skryf en inplak en ook om die blokraaisel en ander koerantinsetsels mee in te vul.

Jy onthou nou jy moet nog in einste Familie Bybel met kalligrafie die name inskryf… en dit gaan beslis meer inspanning, fokus en tyd vat as waarvoor jy gebou is.

Jy laat maak koekiedrukkers van die paartjie se voorletters en bak ‘n groot spul koekies saam met ouboet… heeldag se werk. Die versiering is volgende Saterdag. En dis amper net soveel pret as … nee, dit is nie. Maar die idee was awesome 😀

En intussen skryf jy nog ‘n liedjie vir jou EMM – oor jy ongeag als, nog nooit die hoop laat vaar het op ‘n “Happily Forever After”, omdat jy steeds en altyd in die liefde sal glo en omdat dit die grootste geskenk is wat ek as ma vir my dogter kán gee: Die Hoop, die Geloof in die Liefde.

DOGTER VAN MY

 

OP JOU MOOISTE DAG WIL EK NIKS VAN JOU VRA
MAAR EK SOU ALLES WOU GEE AS EK JOU ALTYD KON DRA
MY GEDAGTES LOOP TERUG NA DIE TYD TOE EK JOU
VIR DIE EERSTE KEER STYF IN MY ARMS KON HOU
DANKIE MY MEISIEKIND, DOGTER VAN MY
DANKIE, O HEER, DAT EK DIE DOGTER KON KRY
DANKIE VIR HAAR LEWE EN ONS TYE SAAM
EN VIR OGIES GROU IN ‘N GLIMLAGRAAM
OP JOU MOOISTE DAG WIL EK NET VIR JOU SE
DIS ‘N VOORREG VIR MY OM JOU AS DOGTER TE HE
MY HERINNERING’ LOOP ‘N DRAAI DEUR ONS LEWENS TEER
GEVUL MET ONS TYE VAN “ONTHOU JY NOU WEER”
OP JOU MOOISTE DAG MET MY HART OP MY MOU
STAAN EK VOOR JOU AS MA, AS VRIENDIN EN AS VROU
MET ‘N TRAAN IN MY LAG WEET EK MY MEISIEKIND
HET UITEIND’LIK DIE BELOFTE VAN VROUWEES GEVIND
DANKIE MY MEISIEKIND, DOGTER VAN MY
DANKIE, O HEER, DAT EK DIÉ PRINSES KON KRY
DANKIE VIR GENADE, GEDULD EN VIR HOOP
EN VIR DIE LIEFDE WAT GEEN GELD OP AARDE KAN KOOP

~~

Advertisements

12 Responses to “Die Juffrou sê “JA”!”


  1. August 5, 2018 at 7:06 pm

    Dis die mooiste woorde. Geluk, BB. Ja, ‘n moederhart is bly en hartseer en alles. Ek is so bly jy geniet dit saam met jou dogter. Hartlik geluk!
    BB, jy get gevra oor ‘n koorstuk wat jy geskryf het. O aarde, ek weet nie wat jy moet maak nie!

    • 2 BB
      August 6, 2018 at 10:13 am

      Dankie Toortsie ♥ – moenie komkommer nie – die regte koor sal oor my pad kom 😀

  2. August 5, 2018 at 7:28 pm

    Ek wil sommer saam met jou ń paar trane wegpik. Dis wonderlike nuus, en jou mamma-hart loop omtrent oor van trots! BB, mag jul skoonseun haar altyd koester en liefhê.

    • 4 BB
      August 6, 2018 at 10:12 am

      Ek gaan lekker tjank Una 😉

      • August 6, 2018 at 10:32 am

        Ek weet!!! Maar dis ñ lekker tjank, ñ tevrede een.

  3. August 6, 2018 at 9:16 am

    Ai, dis nou so mooi geskryf! Ek voel sommer tranerig oor die boodskap wat jy vir haar gedig het.Besonders en kosbaar!

    • 7 BB
      August 6, 2018 at 10:14 am

      …liquid sunshine het ek en Elf (Spooklag) dit altyd genoem, dié tranerigheid ♥

      • August 6, 2018 at 10:27 am

        Oulike uitdrukking!

  4. August 6, 2018 at 9:51 am

    Baie geluk! Ek bid saam met joy dat hulle baie geukkig sal wees.

  5. August 9, 2018 at 3:42 pm

    Hoe absoluut kreatief is jy! Beautiful. (Vergewe die verkeerde kommentaar elders.)

    • 11 BB
      August 10, 2018 at 4:32 am

    • 12 BB
      August 10, 2018 at 4:33 am

      Ek het hom verwyder daar 😉


Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s


August 2018
M T W T F S S
« Jul    
 12345
6789101112
13141516171819
20212223242526
2728293031  

Archives

Blog Stats

  • 173,160 hits
Advertisements

%d bloggers like this: