Posts Tagged ‘Kersfees

23
Dec
10

Oh Krismiskoek, Oh Krismiskoek


 

Ek hou nie (regtig) van Krismiskoek nie… 😯

Dus: Krismiskoek, Troukoek en enige ander koek of fyngebak met dadels, kersies, sultanas of rosyne

MAAR: ek is nogal erg oor tradisie

Ek sal dus vir Kersfees ‘n stuk(kie) Krismiskoek met (verkieslik Brandewyn-) maar ook gewone vla eet.

Net omdat… Sommer… oor dit Kersfees is – en ag die geur daarvan is so deel daarvan as dié van denneblare, lemoenskil en naeltjies…

Netsoos ek met Paasfees ‘n Hot Cross Bun sal eet (of twee – veral as hulle deurgesny lig gerooster is)

~~

Wat dan nou gemaak as jy dus die gelukkige ontvanger is

van ‘n liefdevol gebakte Krismiskoek wat jy tersluiks in skywe sny en in die vrieskas bêre…

en op ‘n koue wintersaand in Julie, oor jy alleen of sommer net tranerig is en sommer oor jy die gees van Kersfees nodig het daai aand, ‘n stukkie uitbreek en in die mikrogolf opwarm…

~~

Nou ja, aangetroude-stief-skoon-boerekind kan ook ‘n plan maak, nê?! :mrgreen:

Hier’s myne:

BESTANDDELE:

500 g Krismiskoek krummels (breek sommer in growwe krummels in ‘n groot mengbak)

150 – 200 g goeie donker sjokolade (gerasper en in ‘n glasbak oor ‘n pot water gesmelt, of mikrogold – pasop dat die nie uitdroog of brand nie!)

60 – 80 ml Sherry of Brandewyn of Rum of Muskadel of Likeur (of waffer ‘silly liquid‘ jy ookal verkies) (kan vervang word met opgeklitste 4 eetlepels Karamel kondensmelk vir die H3’s en die o/18’s in julle lewens met ‘n skootjie water daarby om dit meer vloeibaar te maak – moenie room of melk gebruik nie – dit gaan suur word!!)

30 ml goue stroop (dis twee oorvol eetlepels)

50 g versiersuikeropsioneel (veral met die Karamel Kondens onnodig!?) 😕 (die H3 stem nogal gladnie saam hiermee nie)

Meng dié spulletjie met ‘n houtlepel.

Skep ‘n porsie met ‘n teelepel uit die bak en rol balletjies (één-happie groottes) tussen die hande en plaas op ‘n bakplaat wat gespuit, gesmeer of met toebie-papier uitgelê is.

Die balletjies raak al groter wanneer jy ongeduldig raak 😉 moet nou nie BALLE daarvan maak nie!! 😆

Daarsy!!

Amper geen moeite nie, nê?!

Jy kan die balletjies nou eers in vermicelli, of Klapper of fyngedrukte “Flake” of selfs fyn koekiekrummels (Marie’s of Tennis sal ook werk) – maar ek los hulle netso ‘kaalg@t’ 😳
VERSIERING:

100 – 200 g Wit Sjokolade (Gerasper of in kleiner blokkies opgebreek en in ‘n glasbak oor ‘n siedende pot water gesmelt – ek sal regtig nie die mikrosmelt metode aanbeveel nie! Jy sal jou wip as jy sjokolade moet weggooi!)

‘n Handvol rooi en groen geglasuurde kersies (gooi gekookte ketelwater in ‘n beker, gryp jou kombuisskêr of skerp messie en sny die kersies op – probeer om die rooies in meer ronde stukkies te sny en die groenes meer langwerpig – doop die skêr of mes in die kookwater om die taaiheid van die kersies teen te werk)

Laat die sjokolade ‘n bietjie afkoel tot kamertemperatuur – maar steeds vloeibaar

Skep ‘n teelepel vol oor elke balletjie en versier met die kersies – lig die kersiestukkies met die skerp punt van die mes op en skuif die op die balletjie, doop die mes en gaan so aan).

~~

HEERLIKE ALTERNATIEF:

Jy kan ook in plaas van die Wit sjokolade ‘n versiersel maak van gladde maaskaas en versiersuiker en ‘n paar druppels suurlemoensap 

roer  die suiker in by die maaskaas en proe tot jy die regte soet/suur kombinasie na smaak het. (maak eers ‘n half-bakkie aan en dan nog soos benodig) – Ag en vir good measure kan jy altyd in elk geval die gesmelte sjokolade ook nog hier inroer – dit raak wragtig net ál hoe lekkerder. (Ek gebruik dieselde versiersel vir my wortelkoek…)

~~

Plaas die bakplaat of pannetjie in die yskas tot jy dit wil voorsit of verpak.

Hierdie Balletjies maak die heerlikste geskenk – maar hulle eet só lekker dat jy dit dalk nie sal wil weggee nie 😉

Krismiskoek sal wraggies NOOIT WEER in my vrieskas beland nie!!

~~

Ok, dalk bêre ek tog maar 1 ou stukkie diep onder die vrieslaai – vir daai tranerige wintersnag in Julie… wanneer my hart na die Kersfees gees verlang…

~~

Advertisements
21
Dec
10

She is here, die Weihnachtszeit


Mein drietalige Weihnachts Rhyme…

When the sun shines wunderbar

Here in goeie ou SA

Wir bedrückt sind from the heat

En beslis nie Glühwein need

Dan weet ons, es ist soweit:

She is here, die Weihnachtszeit

 

Elke parking ist besetzt,

want die people fahren jetzt

All to Menlyn Retail Park

Van vroegoggend until dark

Almal kaufen wild en woes

No sweet glimlag and no Gruss

Boney M sing “Silent Night”

She is here, die Weihnachtszeit

 

Mama backt in the kombuis

Tussen-in haar shopping days

Papa spannt die liggiesdraad

From the Haus tot in die straat

And he pflanzt den Christmas Tree

In die tuin für all to see

Wenn he hangs the silwer balls,

Hard he from the Leiter falls

Mama smiles – he’ll be oraait

She is here, die Weihnachtszeit

 

When the naughty kindertjies

Suddenly leer to sê: “Please”

When the buurman mows sein Gras

Während sein sound system raas

Cliff singt “Mistletoe and wine”

And die skaapboud smells divine

In the aand the Kinderlein

Almal look te pragtig, fine

Und dann sings die familie

Schauerlich: “Oh, Chistmastree!”

Almal phone van near und weit

She is here, die Weihnachtszeit!

 

Elkeen in the happy house

Is packing hul geskenke aus

Mama cries ‘n frohe traan

Oor haar brandnew Teflon pan

Papa’s sakdoekies und tie

Beinahe also make him cry

Al die kinders is so glad

With what Santa’s them bescherrt

The President speaks op TV,

Überall is Harmonie

‘Til Ma to the Küche runs

Im Oond da burns the Weihnachtsgans

And so comes die Feuerwehr

Mit ‘n moerse lawaai daher,

En hul bring ‘n long hosepipe

From die brandweerwa se Leib

En die children almal skree

My Geschenke! Wee, oh wee!!!

The whole Haus is onder water

Christmas warten muss tot later

Mama mops und sussie vee

Die Garten lyk like een groot see

Keiner moant – Pa vattie k@kkie

Almal eet vanaand Kentucky!!!

At least ons Kersfees was sehr bright…

Ja, She was here, die Weihnachtszeit!

10
Dec
08

Kersfees Rympie Tyd


jingle_bells

1. Jingle bells, jingle bells,
jingle all the way!
O what fun it is to ride
In a one-horse open sleigh

2. So, I’m gettin’ nuttin’ for Christmas
Mommy and Daddy are mad.
I’m gettin’ nuttin’ for Christmas
‘Cause I ain’t been nuttin’ but bad.

3. O! You better watch out!
You better not cry.
Better not pout, I’m telling you why:
Santa Claus is coming to town!

4. Deck the halls with boughs of holly
  Fa-la-la-la-la, la-la-la-la
‘Tis the season to be jolly
  Fa-la-la-la-la, la-la-la-la

Ok, jou beurt!  Jy vertaal die rympie/liedjie van jou keuse in Afrikaans…

Myne:

1. Klokkies beier, klokkies klingel,

kersfeesklokkies lui…

O, maar dit is groot vet pret

om op ‘n donkiekar te ry! Hey! 

:mrgreen:

(Onthou net: ek moet jou ‘skepping’ darem nog op sy ou bekende wysie kan sing!!)

Voetnota aan Helge:  “Dis al” is NIE ‘n Christmas carol nie!! 😉 (don’t go there!!)




March 2019
M T W T F S S
« Aug    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031

Archives

Blog Stats

  • 174,842 hits
Advertisements