My ouma het altyd gesê: don’t ever let your tongue outrace your brain… nevermind your body!

Ek het niks teen opinie nie. Niks teen mense wat ‘n standpunt inneem nie. Ek het self ‘n paar (klein horde) opinies. Maar DOEN tog iets met daai standpunt anders bly dit ook maar net (leë) woorde.
Kyk, niemand sê jy moet stilbly oor onregverdigheid nie. Maar terwyl jy so tekere gaan vra jouself dié een vraag: Wat doen EK – of issit nou wat DOEN ek – enigsins midde-in al die onreg?
En nee, dan praat ek nie van nog ‘n Facebook-group ‘join’ of ‘like’ nie. Dis netso min doen as om vir my virtuele sjokolade te stuur.

Ek was op SHOUT se website : http://www.shoutsa.com/
Ja… ek weet nog steeds nie regtig WAT hulle doen nie. Hulle laaste “PRESS” update was in Junie… lees gerus die laaste nuusbrief gedateer: 2 Junie 2010
Jip, jip JA!!!!! 2 Junie!!!! 2010!!!
Vir ENIGE ‘aksie’ of beweging om suksesvol te wees moet jy bietjie meer DOEN as PRAAT, reken ek… nevermind SKREE
Ek haal aan:
“According to the Chairman of the SHOUT Foundation, Yusuf Abramjee, SHOUT is ready to make the first donations: “Since launching the campaign and receiving revenue from the SMS campaign and SHOUT song downloads, there is a 60-day period before money donated through the SMS download mechanism filters through to SHOUT. In addition to this, important auditing processes need to be completed and all donations need to be reconciled before they can be allocated in June,” he says.”
“All the processes described above are being put in place to ensure the best interests of the Foundation are protected, which is critical to the future long-term success of this initiative. “SHOUT is not just a six-week marketing campaign, but is rather a culture with a legacy, which will become a safer way of life for all South Africans,” says Abramjee.”
Ek weet nie hoe ‘besig’ SHOUT op FB is nie – hoe ingelig hulle ‘members’ is nie, hoe gereeld hulle status opgedateer word en in hoe ‘n mate hulle nou al die donasies aangewend het nie – maar dis hartseer dat so ‘n moerawiese positiewe en ‘legacy’ inisiatief nie in 365 dae (ok, dis darem nog 8 dae voor ‘n hele jaar om is) na die uitreiking van ‘n vorige nuusbrief ENIGIETS nuuts en positief het om uit te basuin nie? Of vra ek as wetsgehoorsame SA staatsburger alweer te veel – naamlik: waarvoor hét julle my R40 nou al aangewend?
Skuus dat ek hier so relaas… maar ‘n paar jaar terug het ‘n paar kunstenaars die “Stop die Moorde” veldtog met ‘n groot hoo-haa afgeskop. Solidariteit het tot ‘n ‘van’ gesponsor vir die hoofkunstenaar Adam Tas. Ek het twee shows bygewoon. By nie een van die twee is die moeite gedoen om te adverteer nie. By die een in Brits was daar meer kunstenaars as mense in die gehoor… Die hele aksie het in die hek geduik. Dalk moontlik is ledegeld ook nog daarvoor ingespan… Wie vra? Niemand nie! Hoekom nie? Want jou kans om ‘n straight-forward eerlike antwoord te kry is uiters uiters skraal.
Hoe sê die gesegde so mooi: twee monoloë maak nie ‘n dialoog nie…
maar ja, ek is goed g@tvol vir mense wat baie praat – en nee ek praat nie nou van Steve Hofmeyr nie – of jy nou daarvan hou of saamstem of nie – hy dóén darem wragtig nog iets en lewer baie gereelde bydrae met inisiatiewe – maar weet jy wat is opvallend? Die “Ditsem” kommentaar – die “you go Steve!” – die “Vertel hulle ou maat!!” – die bl!kemmers wat ja-en-amen, maar nog nooit self soveel as een bydrae kon lewer met ‘n pva (plan van aksie) of at least ‘n nuttige FB group wat meer om die lyf het as ‘n LIKE knoppie!
Wat is dit wat ons almal so stomslaan? Nee, dis ook nie waar nie. Wat is dit wat ons almal so reg en rede gee om ons standpunte en opinies uit te basuin en ons energie dan in so ‘n mate op die redekawel en geskree te verbruik dat dit ons letterlik en figuurlik lam lê?
Van die os op die esel… ek kyk Sondag American Idols – en ek wil kits daarvan – wat is dit wat 100 000’e+ (dorps)mense in die VSA laat opruk na die “Welcome-Home” party van ‘n Idols finalis en in Suid-Afrika kry jy nie 100 mense bymekaar vir ‘n ondersteunings/belangegroep by ‘n hofsaak vir brutale redelose (volksmoord) slagoffers nie?

Mexico City, 1968 Summer Olympics
Out of the cold darkness he came. John Stephen Akhwari of Tanzania entered at the far end of the stadium, pain hobbling his every step, his leg bloody and bandaged. During the race he had fallen, badly cutting his knee and dislocating the joint. Rather than quitting, he got up from the fall, bandaged his leg and continued to run. The winner of the marathon had been declared over an hour earlier. Only a few spectators remained. But the lone runner pressed on.
As he crossed the finish line, the small crowd roared out its appreciation. Afterward, a reporter asked the runner why he had not retired from the race. He seemed confused by the question. Finally, he answered:
“My country did not send me to Mexico City to start the race. They sent me to finish.”
SHOUT – ek verwag nie dat julle ‘n misdaad moet oplos nie, maar julle het ‘n reënboog-groep mense in julle midde wat tog sekerlik met elke bevolkingsgroep van hierdie land kan identifiseer en kommunikeer? Is dit te veel gevra om meer as EEN KEER PER JAAR julle stem dik te maak oor misdaad? Veral moord, strafbare manslag en verkragting. ELKE KEER. Maak nie saak wat die kleur van die slagoffer is nie.
Gaan skree (SHOUT) by elke hofverrigting. Skree ten hemele daaroor. Nooi al wat leef en beef uit daarheen. Adverteer elke veldtog (daar behoort omtrent 5 per week te wees – en dis ‘n konserwatiewe skatting) – met die teenwoordigheid van ten minste EEN van die kunstenaars wat op die video sy stem laat hoor – en gee die volk so geleentheid om hulle misnoeë met die situasie luidkeels uit te druk. As julle volhard, behoort die volk deeglik bewus te raak van julle erns en self betrokke te raak.
Een of ander tyd sal die regering, die howe en die res van die nasie begin besef, dat ons wel kan saamstaan – maar met ‘n groep soos julle vooraan is ek bevrees is ons maar steeds net ‘n klomp skape ter slagting.
SHOUT – Julle het die resies begin hardloop. Julle het etlike derduisende mense se finansiële ondersteuning gekry deur die verkope van ‘n CD ‘single’. Voltooi nou die resies, toe?
Of: Hou op skree – want die kranse gee lankal nie meer antwoord nie… (alhoewel iemand tog sekerlik steeds royalties/tantieme verdien op die video/liedjie wat steeds uitgesaai word
In die Nuusbrief van 2 Junie 2010 onder andere:
Over 110,000 fans have pledged their support for SHOUT on Facebook, with SA fans signing on at an average rate of 1,500 new fans per day during the first month. This is one of the fastest growing Facebook groups in South Africa. – Has there EVER been an initiative of ANY kind whatsoever in the past year on the SHOUT FB page, that calls on ’fans’ to have their voices heard at ANY event against crime? Or ANY notice that indicates their involvement, yet states their ‘fans’ poor response?
The huge demand for SHOUT branded merchandise such as T-shirts, wrist bands and bumper stickers will be met over the next few weeks. Members of the public are encouraged to keep visiting the SHOUT website – www.shoutsa.com – to find out when and where these will be available. - I have checked in a few times in the past year…
Nada merchandise
SHOUT, the civil society anti-crime movement led by prominent South African musicians, artists and celebrities will make its first cheque handover at the end of June. “SHOUT’s message has hit all the right notes with South Africans and their unprecedented response is beginning to bear fruit. We are hoping to make the first presentation, to assist in the fight against crime, shortly,” the SHOUT Foundation said in a statement. - Has it? Really? Which organization was the first lucky recipient of the cheque to assist in the fight against crime?
Recent Comments