Archive for March 13th, 2009

13
Mar
09

My Enigste Mooiste Meisiekind


emm

The first time ever I held your face

I saw the sun rise in your eyes;

and the moon and stars

were the gifts you gave

to my dark and empty sky…

angel

Eendag, lank lank gelede speel daar ‘n piepklein dogtertjie op wolk 7 vêr vêr bokant Moeder Aarde.

Geen probleem onder die son… geen vuil doek, honger magie, windjie… geen blomkool, geen huiswerk, geen trane…

geen name brands, geen afguns, geen behoeftes, geen hartseer…

en geen Mamma….

Kom liewe Jesus by haar en seg saggies: “Dis tyd, my kind – ons moet jou vir ‘n Mamma gee daar onder” – en hy point af in die rigting van die blou planeet. ‘n Flat screen verskyn asof uit nêrens en in ‘n oogwink flash daar ten minste 100 000 Mamma’s se gesigte oor die skerm. (Daarbo neem hulle flashmemory nogal ernstig op.)

Die kleintjie kan na hartelus met die knip van ‘n oog op enige gesig inzoom en die totale omstandighede spiritually inneem. Daar is oud en jonk. Ryk en arm. Dokters,  prokureurs, onderwysers en werkloses. Daar is elke denkbare vorm en grootte. Daar is vrolikes en hartseer gesigte. Mamma’s sonder ‘n enkele baba en Mamma’s met twee om die enkels en een op elke heup.

Daar is voornemende Mamma’s in villa’s en Mamma’s in woonstelle – van hulle lyk of hulle hulle doodwerk en ander lyk of hulle permanent op vakansie is. Daar is middelklas motors, 4×4’s en duur duitse Sedans.

Maar dis of die kleintjie niks daarvan raaksien nie –

Sy scroll op en af; herwaarts en derwaarts en elke keer roep haar oogknip één spesifieke frame op die skerm op…

Seg Liewe Jesus saggies en met ‘n sug: “Sy??”

Antwoord die kleintjie met groot oortuiging: “Ja! Sy!”

Vra Hy: “Is jy seker??”

“Ja!”

“Sy is nie vreeslik verantwoordelik nie, my kind…”

“Maar ek is!”

“Sy handhaaf nie gereelde etenstye nie, my kind…”

“Sy sal! Vir my.”

“Sy vergeet om petrol in te gooi… Sy trek soms twee verskillende skoene aan… Sy sluit haarself gedurig uit haar eie blyplek uit… “

Hy loer rond en fluister vir haar: “‘Hulle’ gaan vir jou sê sy’s ‘not all there’…, sy’s vrééslik sensitief en sentimenteel…

… en sy’s ‘n duitser!! Sy’s ongelooflik ongeduldig!!”

“U ken haar goed?!”

“Ja, ek ken haar báie goed!”

“Ken sy U?”

“Ja, sy ken my!!”

“Dan…”

“Is jy seker?”

“Baie…”

En Hy kyk diep deernisvol in die vertrouensvolle blink ogies, vryf so oor die fyn haartjies op haar kroontjie, soen haar oppie voorkoppie en sit haar op ‘n sonstraal neer en al giggelend begin sy die lang glyplank-tog aarde toe…

~ ~ ~

My Enigste Mooiste Meisiekind…

Dankie dat jy my gekies het om jou Mamma te wees!

Dankie dat jy die dogter is van wie enige Mamma maar net kan droom!

Mag Hy jou vandag weer, soos destyds, oor die kroontjie vryf en jou voorkop soen

en jou opnuut seën. Mag jy Sy Hand op jou voel al die dae van jou lewe.

Jy is gebless omdat jy my bless – elke liewe dag van jou bestaan!

Happy, HAPPY Birthday, my Enigste Mooiste Meisiekind, M♥nique!! xxx




March 2009
M T W T F S S
 1
2345678
9101112131415
16171819202122
23242526272829
3031  

Archives

Blog Stats

  • 186,425 hits